'Erger strawwe nodig vir dieremishandeling'
Hilda Fourie - Beeld, Donderdag 19 Julie 2012
Diereliefhebbers het gister met skok gereageer nadat Pretoria se hondeslagter slegs deur die hof gewaarsku is voordat hy ontslaan is.
Veral dierewelsynorganisasies was dit eens dat erger vonnisse opgelê moet word aan mense wat aan dieremishandeling en wreedheid teenoor diere skuldig bevind word.
Hermien Jones, wie se worshond in 2009 deur Christiaan Lamprecht (22) verwurg is, was veral ontstig.
Dié klag van dieremishandeling is destyds teen Lamprecht teruggetrek nadat hy ’n afwentelingsprogram voltooi en onder meer 56 uur gemeenskapsdiens in die Nasionale Dieretuin in Pretoria gedoen het.
Nadat Lamprecht in Januarie vanjaar uit sy woonplek gesit is toe hy sy buurvrou se twee honde se velle afgeslag het, het hy weer ingetrek by sy ouers, wat oorkant Jones in Ninapark, in die noorde van Pretoria, woon.
Lamprecht is in die landdroshof in Pretoria-Noord gewaarsku en ontslaan nadat hy skuld beken het op twee aanklagte van wreedheid teenoor diere.
“Dit is ’n baie ongemaklike storie, want ek het honde by die huis. En oral waar ek kyk, kyk ek in die man vas wat my hond vermoor het. Ek wil hom nie naby my hê nie,” het Jones gesê.
Debbie Herselman, hoofbestuurder van die dierewelsynorganisasie Wetnose, het gesê die waarskuwing wat Lamprecht gekry het, was net ’n “tik op die vingers”.
Volgens haar neem Suid-Afrikaanse howe dieremishandeling nie ernstig op nie. “Dieremishandeling gaan nie ophou nie totdat behoorlike vonnisse aan skuldiges opgelê word.”
Rick Allan, besturende direkteur van die Tshwane-Dierebeskermingsvereniging, het gesê hulle is baie geskok oor die waarskuwing wat Lamprecht gekry het.
“Ons het ’n baie erger vonnis verwag sodat dit eintlik as afskrikking kan dien vir mense wat diere mishandel.”

No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog