--------------------------
Die BCV (Bastion Christenvereniging) is die plek waar leerders van Hoërskool Bastion hulle Christenskap uitleef.
‘n Hele klomp leerders woon elke Vrydag, tweede pouse, die byeenkomste by en luister graag na die sprekers wat genooi word.
Op Vrydag, 17 Februarie, was daar ’n spreker aan die woord.
Soos gewoonlik het almal saam gesels en betrokke geraak.
Ons glo daar sal nog talle geleenthede kom waar die BCV iets uniek sal doen en saam met die skool groei.
Die BCV nooi alle leerders uit om deel te word van hierdie unieke groep.
Jy ontvang dalk ’n boodskap wat op jou van toepassing is.
Ons sê ook dankie aan mev Marietjie Greef wat weekliks help om siele tot bekering te bring en aan mee Lydia Trigaardt en Lubbe wat die BCV ondersteun.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog