'Sak netjies op bakkie
gepak'
Hof
hoor hoe boeke, lyk gekry is
Soos
gesien in Beeld Woensdag, 25 Julie 2012
“Jaco Steyn!” het die vermoorde Louise de Waal,
Shireen, gister vanuit die openbare galery van die hoofgeregshof in
Johannesburg na die beweerde “Sondag-verkragter” geroep.
Johannes Jacobus Steyn (36) het nie gereageer nie en met
sy kop vooroorgebuig in die beskuldigdebank bly sit terwyl hy gewag
het dat die regter na die teepouse terugkom.
“Ek wil hê hy moet vir my kyk. Hy het my dogter
vermoor,” het De Waal aan familielede by haar gesê.
'n Berader en familielede het De Waal to berading
gebring en sy het nie weer na Steyn geroep nie.
Die familie het die afgelope twee dae wit strikkies en
borsspelde met Louise se gesig daarop gedra.
Steyn staan in die hoofgeregshof, wat by Palm Ridge
landdroshof in Thokoza aan die Oos-Rand sit, tereg op 37 aanklagte,
waaronder die ontvoering en vekragting van en moord op Louise.
Sy is op 12 Oktober verlede jaar ontvoer toe sy in
Roodepoort saam met 'n vriendin skool toe gestap het. Haar verbrande
lyk is later dié dag in die Magaliesburg-omgewing gevind.
Steyn het eergister skuld ontken op twee aanklagte van
moord, 11 van verkragting, tien van onsedelike aanranding, twee
van aanranding, tien van ontvoering en een van poging tot
ontvoering.
Ao. Riaan Jooste van die Florida-polisie kantoor het
gister getuig hy het die dag van die ontvoering 'n anonieme oproep
van 'n vrou gekry wat gesê het sy het die identikit van Louise se
vermeende ontvoerder op tv gesien en herken die man.
Die identikit is saamgestel met die hulp van die
vriendin wat gesien het hoe Louise ontvoer word.
“Sy het my die naam Jaco Steyn gegee,” het Jooste
gesê.
Jooste het Steyn se adres op die polisie se stelsel
opgespoor omdat hy glo vroeër 'n klag by 'n polisiekantoor ingedien
het.
Ao. Riaan Jooste het getuig hy het by dié adres 'n
silwer bakkie aangetref soos wat glo in die ontvoering gebruik is.
Agter op die bakkie het hy 'n toegeknoopte swart
vullissak gevind waarin 'n pienk-en-grys skoolrugsak was. In die
rugsak was daar handboeke meat die naam Louise de Waal op.
Hy het gesê dit is onwaarskynlik dat dié sak oor die
heining in die bakkie gegooi kon gewees het aangesien dit netjies in
'n ry saam met die twee ander sakke gepak was.
Jeanette Ferreira en haar broer, Theunis, het getuig
hulle het op 12 Oktober op 'n verbrande lyk op hul plaas in die
Magaliesburg-omgewing afgekom.
“Die lyk was so erg gebrand, ek kon net 'n
naeltjiering en oorbelle eien,” het kapt. Martin Smith tot die
ooglopende ontsteltenis van Louise se familie in die openbare galery
gesê.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog