A protestor against farm murders - Source Photo |
South Africa — Meneer Johannes Senekal (70) wat op 21 Maart 2011 vermoor is, vermoedelik deur een van sy niggie se plaaswerkers, Jabulani Khambuli, se saak is nogsteeds onduidelik.
Senekal is vermoor in die dubbel verdieping klein hoewe huis van sy niggie, Magdel Daniel en haar man Kobus. Die paartjie was in Bela-Bela( ou Warmbad) toe ‘n werker hulle gekontak het en hulle gewaarsku het dat Senekal, of te wel Oom Boetie soos hulle hom genoem het, nie meer asem haal nie. Die Daniel’s het dadelik die polisie, paramedici asook die bure gebel.
Die werker wat gebel het, het gesê dat hy vermoed het dat iets nie reg is nie toe hy gesien het die ligte van die huis was nie aan nie en Senekal het half pad onder sy bed gelê met sny plekke aan sy keël met elektroniese toebehore wat rondom hom gestrooi was. Daar was twee selfone, sy beursie en ‘n kamera vermis.
Meneer Daniel was terug geskakel deur die polisie op hul aankoms op die toneel deur die twee ondersoekende offisiere, ‘n sersant en ‘n kaptein, is die paartjie ingelig dat daar "geen misdaad was nie" en dat hulle nie ‘n saak gaan open nie.
Die polisie het aangedui dat die rede hiervoor was omdat daar "geen tekens van enige bakleiery of geforseerde ingang tot die eiendom was nie." hulle het ook geweier dat die lyk van Meneer Senekal verwyder word het Daniel aan die BEELD vertel.
Die Daniel’s het etlike sekondes later terug gery na Roodepoort waar hulle uitgevind het dat Khambuli by die huis "geverf" het terwyl dit vakansie was en hy nie gevra is om die dag daar te werk nie.
Die paartjie het toe met die privaat-speuragentskap van eks-SAPD ondersoekers Bushie Engelbrecht en Piet Byleveld inverbinding getree, wat dadelik ‘n ondersoek begin het.
Die ondervraaging van die ooggetuies het bewys dat die vermeende moordenaar op die moord toneel gestaan het, met krap merke aan sy gesig en die twee polisie personeel het hom nooit ondervra nie.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog