Mevrou Jeanetta Lubbe tydens 'n funksie by die skool - Source Photo |
South Africa — Een van die onderwysers van die Hoërskool Bastion was gister, 20 Februarie, in 'n ernstige kop-aan-kop botsing met 'n ander voertuig op CR Swart Rylaan in Roodepoort.
Mevrou Jeanetta Lubbe was oppad na Bastion waar sy die pos van skoolsielkindige beklee toe sy vermoedelik deur 'n voertuig wat gegly het getref was en toe deur 'n muur gery het.
Sy herstel tans in Flora Clinic nadat sy 'n enkel, en beide haar bene gebreuk het, sy het ook weefsel beskadiging opgedoen. Volgens die personeel van die Neurologies Intesiewe Sorgeenheid gaan dit goed met Lubbe en wag sy nou net op 'n operasie wat vandag, 21 Februarie, gedoen sal word.
Onderwyser beskryf haar as 'n gawe, behulpsame persoon en hul wens haar 'n vinnige herstel toe.
Me Lubbe is tans by die huis, se herstel spoedig en dit gaan baie goed met haar
ReplyDelete