Isabella Kruger oftewel Pipi na die brandongeluk op 31 Desember 2011 - Source Photo |
South Africa — Op oujaarsdag, 31 Desember 2011, het Isabella Kruger (2) van Ellisras, Limpopo baie ernstig gebrand. Haar pa het 'n braaivleisvuur gemaak en die 'fire lighter gel' bottel het in sy hande ontplof. Isabella het slegs 'n kort afstand van hom af gespeel toe dit ontplof en die vlamme het haar bereik en haar bitterlik sleg gebrand, 80% derdegraadse brandwonde oor haar hele lyfie. Haar pa se hande het net so erg gebrand.
Isabella is tans in die Garden City Clinic se Intesiewe Sorg Eenheid, waar sy behandeling ontvang.
Die tweejarige voor die fratsongeluk - Source Photo |
Op 30 Januarie 2011 het Isabella se ma Anice, gesê dat die tweejarige die Saterdag moes gaan vir 'n operasie om die wonde skoon te maak voordat hulle met die oorplantings kon begin, haar hart het gaan staan en haar longe het plat geval, maar hulle het haar weer terug gebring.
Anice sê dit is 'n absolute wonderwerk dat Isabella nog lewe, "Die dokters kan dit nie verklaar nie, maar ons weet mos van beter want Hy is in beheer." het Anice gesê. Volgens Anice gaan dit baie beter met Isabella nadat hulle gister, 7 Februarie, vir haar nuwe wonddekking aangesit het. "Sy sal seker nog so drie maande hier kuier" het Anice gesê.
U kan ook die Facebook profiel wat vir haar geskep is besigtig, "Isabella (Pipi) Kruger".
"Ek vra dat ons almal op ons kniëe sal gaan bid dat Liewe Jesus sy Gesëende Hand oor haar sal hou en dat Hy al haar eina sal wegvat en haar volkome sal genees. Ek vra ook dat daar gebid sal word vir krag en bystand vir die ouers vir die moeilike maande wat voorlê." - Veranderde Lewens N G Gemeente.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog