Hier is: Nicole de Meyer en Charne Greeff (voor) en agter hulle sit Renier Voigt en Jaco Erasmus |
Die groentjie konsert het gehandel oor ‘n skool wat al sy leerlinge verloor weens ‘n nuwe en beter skool wat geopen is, hulle beraam n plan om die nuwe skool te vernietig deur ‘n robot te kry om te kyk wat in die skool aangaan en dit dan te verwoes. Die robot kry dan skielik ‘n persoonlikheids verandering en tree op soos ‘n mens. Die robot raak verlief op Sarie, een van die leerlinge van die nuwe skool genaamd Bastion, maar hy ontken dit, sy battery word pap en Timone en Pumba, wat sy slegte vriende, is dink hy slaap en hulle vat hom toe na ‘n kwaaddadige man, die man kry toe ‘n ander robot en stuur hom na Bastion as die oorspronklike robot maar die regte robot se dat hulle nie die skool moet vernietig nie. Op die einde vertel die robot vir die ander leerlinge wie hy regtig is, hy is bang vr hulle reaksie, maar tot sy verbasing hou hulle steeds baie van hom.
Daar was 7 dans groepe en altesaam 196 graad aggies het deelgeneem, die leierraad van Bastion het ook gedans.
Dit was werklik ‘n spoggeleentheid en ons kan nie wag vir die konsert van volgende jaar nie.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog