Leerders van die Hoërskool Bastion gedurende Valentynsdag by Bastion - Foto ingestuur |
South Africa — Ah, die 14de Februarie, die dag van liefde, vreugde, geluk en het ek gesê liefde?
Valentynsdag is die jaar weereens behoorlik gevoer by Bastion Hoërskool.
Leerders kon gewone klere dra, mits dit rooi, wit en pienk was. Daar was ook 'n piekniek op die rugbyveld georganiseer en die leerders is vermaak deur 'n platejoggie gedurende pouse. Die kinders het hulle self vreeslik geniet en het selfs op 'n gasbraaier gebraai. Maar dis nie net die leerders wat gevier het nie, die personeel het net so lekker gesmul aan happies in die Aldoel gebou teen die rygbyveld.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog