Dr. Ridwan Mia wat die veloperasie op Isabella 'Pippie' Kruger gedoen het - Source Photo |
Mia was die oujaarsaand toe Pippie 80% brandwonde tydens 'n braai by haar ouerhuis opgedoen het.
"Omdat haar vel, vet en spiere gebrand het, was sy byna drie keer haar gewone grootte. Haar niere het ook begin ingee. Ons was baie, baie bekommerd. Ek moes haar ouers op die ergste voorberei," het Mia aangeheg.
Nie minder as 45 operasies is oor die afgelope ses maande op 'Pippie' uitgevoer nie, en haar hart het vyf keer gaan staan.
Daar was 'n paar keer wat Mia eers tydens 'n operasie moes stop en diep in en uit asemhaal, dit veral wanneer sy emosies om oorweldig.
"Wanneer jy aan haar gesiggie werk en jy sien die klein ogies, die mondjie en die neusie...besef jy jy werk met 'n klein meisietjie."
Daar word gese dat Pippie oor die afgelope maand so versterk het dat Mia nie tydens die operasie op Dinsdag, 12 Junie, bekommerd was oor haar hart nie, hy was net bevrees dat iets sou skeefloop en die gekweede vel nie betyds sou arriveer nie.
Mia werk ook bedags as 'n plastiese chirurg by die Helen Joseph-staatshospitaal.
Hy het gese dat hy die aand voor die operasie nie 'n oog toe gemaak nie en het tot middernagtlike ure voorberei.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog