Isabella 'Pippie' Kruger - Source Photo |
South Africa — Press Release — Môre
word Isabella (Pippie) Kruger, wat op Oujaarsdag 80%
derdegraadse brandwonde opgedoen het, drie jaar oud en Maandag
kry sy ’n nuwe vel – heelpad van Boston in die VSA af.
Pippie word al langer as ses maande in die hoësorg-eenheid van die Garden City-kliniek in Johannesburg behandel nadat ’n bottel met ’n vuuraansteekmiddel in die hande van haar pa, Edwin, ontplof het.
“Ek wens ek kon vir haar ’n beter verjaardaggeskenk gee, maar dit (die nuwe vel) is die grootste geskenk wat sy ooit sal kry,” het haar ma, Anice Kruger, gister gesê.
Haar vel word twee maal per week onder narkose geskrop en sy moes ook al vir bedsere behandel word.
“Sy sê nou net drie woorde: ‘pappa, mamma en eina.’”
Anice woon sedert die ongeluk by die hospitaal en in ’n woonstel in Johannesburg om naby haar dogter te wees. Haar man kom naweke van Lephalale (Ellisras) af en die egpaar se seun, Arno, wat vandeesmaand ’n jaar oud word, woon by sy grootouers daar.
Volgens Anice gaan Pippie môre ’n verjaardagpartytjie in die hoësorg-eenheid hê met ballonne en kolwyntjies.
Haar boetie gaan ook daar wees met ’n hospitaalpakkie en masker aan.
Dit sal die eerste keer wees dat hy Pippie ná die ongeluk sien.
Anice het ná die ongeluk navorsing op die internet gedoen oor veloorplantings en uiteindelik by die mense uitgekom wat die vel vir Maandag se operasie vervaardig het.
Dit het eers werklikheid geword toe sy dr. Alan Barrett van Genzyme Suid-Afrika ontmoet het.
“Ek het baie vertroue in die Here, die Here werk deur medies,” het sy gesê.
Die vel wat Maandag oorgeplant word, kos $87 272 (sowat R724 000) en dit word deur die gesin se trustfonds, wat ná Pippie se ongeluk gestig is, betaal.
Baie van die skenkings wat die fonds ontvang het, was anoniem.
“Dankie is nie meer goed genoeg nie. Ek en my man het nie meer woorde om te sê hoe baie ons dit waardeer nie,” het Anice gesê.

Related articles:
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog