Die skrif is aan die muur vir Jaco Steyn (36), nadat sy ex-vrou op 30 Julie in die hof teen hom getuig het.
Steyn het haar na bewering geskakel en gesê "Ek het weer iemand ontvoer, eks ‘n monster en eks deurmekaar."
Steyn word beskuldig daarvan dat hy op 12 Oktober 2012 die 16-jarige Louise de Waal ontvoer het toe sy en haar vriendin,Natasha Gordon, oppad was na Hoërskool Die Burger.
Volgens Steyn se vrou het hy ook gesê dat hy gaan aanhou ry en dat as die polisie by die huis sou opdaag moet sy sê dit was hy.
Steyn sê egter dat hy dit nie aan haar gesê het nie terwyl hy sy gesig afvee met ‘n sakdoek.
Volgens Steyn het hy vir Michelle, sy vrou, gesê dat terwyl die ondersoek aan die gang is gaan hy laag lê.
Hy sê ook dat hy sy vrou gebel het om te sê dat daar polisie by hul huis in Wilropark, Roodepoort was.
"Ek het hom vooreen gekonfronteer oor die vorige artikels, en die kar wat soortgelyk was aan dié wat hy gebruik het," sê Michelle.
"Hy het gesê dis nie hy nie,"
Daar is ook petrol kanne op Steyn se perseel gevind en toe hul Michelle daaroor vra is gesê dat dit vir ‘n parafien verwarmer gebruik is.
No comments:
Post a Comment
Please feel free to comment on any article on this blog